Ons dink: 3/5

Dis nie aldag maklik om twee stemme bymekaar te bring en ’n album saam te stel wat bly vloei nie, maar dis wat Silwer & Goud (Jacobus Silwer en Julius van der Walt) met hul debuutalbum regkry.

’n Mens kan vra of legendariese liedjies soos Sproetjies enigsins ’n nuwe baadjie moet kry, maar dalk sal die´ groep se klanke jou nostalgies maak.

Sien Jy Nie Kans Nie? is die ideale liedjie as jy die jawoord wil vra of by jou troue die baan open. Ek Is Mal oor Wolke en oor Ree¨n bied vir country-aanhangers luistergenot, maar Gebreekte Glas is die hoogtepunt van die 14 snitte.

Silwer & Goud maak lekkerluister- musiek, net reg vir ’n winteraand.

- Martelize Brink (RSG)