Ons dink: 3/5

Op die derde album deur die Kaliforniese rocker John Vesely, ook bekend as Secondhand Serenade, kan jy steeds die onmiskenbare akoestiese klanke verwag, dié keer net met vinniger rockrefreine.

Ongelukkig maak sy lirieke die album ietwat voorspelbaar.

Maar Something More en You and I maak dit tog die luister werd.