Ons dink: 4/5

Night Work vorder fluks op die trefferlyste, veral danksy die aansteeklike eerste enkelspeler, Fire with Fire.

Die album se 12 liedjies wyk nie veel van die groep se gewone formule van glansrock, pop en elektroniese musiek af nie en dis goeie nuus vir ou aanhangers vandié uitspattige groep.

Ons hou van die meeste snitte, veral Any Which Way, Harder You Get, Skin Tight, Invisible Light en Whole New Way.