Ons dink: 4/5

Haar treffer Love Song het hierdie Amerikaanse sanger en liedjieskrywer in 2007 internasionaal bekend laat word.

En nou is sy terug met ’n album met ewe aansteeklike pop- en soulliedjies.

Die funky, energieke King of Anything is loshande die beste liedjie, maar ons hou ook van die aweregse Uncharted, die folkerige Let the Rain en die ballade Hold My Heart.

Wonderlik!