Ons dink: 4/5

Ons het asem opgehou hiervoor. Voor Lieflinge het Rudi Claase ook sy hand aan ’n solo-loopbaan gewaag, maar Lieflinge, eers saam met Corlea Botha en toe met Zita Pretorius, was die gans met die goue eiers.

Nou het Rudi weer ’n solo-album, Kom Ek Skryf vir Jou ’n Liedjie, en elke noot is in die kol! Daar is 14 snitte op die eerste en 15 op die tweede CD van die dubbelalbum.

Laas­genoemde is propvol duette met sy twee Lieflinge-sangmaats. Maar dis met sy solowerk wat Rudi sy pad terug in die hart van sy aanhangers oopsing. Lieflinge-aanhangers sal die album voos luister.

Hoogtepunte is daar baie, maar die duet met Juanita du Plessis, Tussen Woorde, staan uit. Dis immers een van Rudi se eie komposisies, en die twee maak ’n ou bekende treffer splinternuut.

Volg Huisgenoot op Twitter.