Rod Stewart sing met sy unieke stem die klassieke treffers van die Amerikaanse Goue Era.

Met gunstelinge soos What a Wonderful World en Beyond the Sea is die CD met 14 snitte nogal nostalgies.

Dit is meer ’n lounge-album in Tony Bennett se styl as Stewart soos ons hom ken, maar dit bied goeie vertolkings van gevestigde temas en val lekker op die oor.