Ons dink: 4/5

Robin Levetan, oorspronklik die hoofsanger van die SA groep Bright Blue, is terug met ’n solo-album vol aansteeklike popliedjies.

Dit het ’n duidelike sweem van Bright Blue se Afropop-styl van die 80’s, maar dit is met kontemporêre rock- en  world-klanke vernuwe.

Levetan se stem is op sy beste en gevoelvolle komposisies, lieflike harmoniesang en ’n skitterende produksie maak dit die luister werd.