Robbie Wessels se nuwe album wys hy weet wat sy aanhangers wil hê: ’n paar diep liedjies en ’n klomp lawwe saamsing-liedjies.

Die titelsnit en Wolke Voer Jou Mee se eerlikheid laat sy diep, kleurryke stem tot sy reg kom.

Veral The Jackal Tackle – Snorre sal selfs sy felste kritici laat glimlag. Hy sing oor die Springbokke, Peter de Villiers en die skeidsregter wat ons die Wêreldbeker gekos het.

Al kritiek is dat van die liedjies dalk te eenders klink. Maar dis steeds ’n genotvolle luister-ervaring.

Volg Huisgenoot op Twitter.