Ons dink: 3/5

Ricky is terug met sy negende ateljee-album en dit wemel van die opgewekte popritmes met ’n Latyns-Amerikaanse geur wat ons van hom verwag.

Al probleem is net twee van die 13 snitte is Engels, nogal ’n verrassende besluit met dié dat sy vorige album, Life van 2005, misluk het.

Maar ons hou van die Engelse snitte. Dit drup van stroperigheid, maar die sang is goed.