Ons dink: 4/5

Ná 30 jaar klink dit of die Peppers nog meer woema op hul 10de album het.

Nie net is dit hul eerste saam met hul nuwe kitaarspeler, Josh Klinghoffer, nie; hulle spog ook met ’n klank met meer lae – by hul kenmerkende funk/rock-kitaarritmes is ook bongo-tromme, klavier en selfs trompet ingeweef.

Ek is dol oor die stadiger snitte soos Brendan’s Death Song. Tog hoor jy nog genoeg Pepper-funk.

Volg Huisgenoot op Twitter.