Ons dink: 3/5

Jy hoef nie die lirieke te verstaan om dié aansteeklike ritmes te waardeer nie.

Bossa nova, ’n soort Brasiliaanse jazz wat uit samba ontstaan het, is immers daarop gemik om die regte stemming te skep.

En dit is presies wat dié CD regkry met ligte, ontspanne liedjies uit Frankryk, die Kaap-Verdiese Eilande, Portugal, Duitsland, Amerika en Brasilië.

Strelende luistergenot.