Ons dink: 3/5

As jy dieselfde rockmusiek uit die hart as op hul deurbraaktreffer, Hey There Delilah, verwag, sal jy teleurgesteld wees.

Plain White T’s se sesde album is propvol opgewekte en meestal vinnige rockdeuntjies en dit herinner aan ’n afgewaterde Green Day.

Dit sal óf in jou smaak val óf glad nie.

Die meeste resensies daaroor is onvleiend, maar as jy van jou pop-rock aan die stroperige kant hou, sal jy dit geniet.