Ons dink: 4/5

Vele kunstenaars het al met platejoggies saamgewerk met die hoop dat hul skepping ’n treffer op die dansvloer sal word.

Sommige het misluk, maar spanpogings met Pitbull is altyd in die kol. As jy goeie dansmusiek soek, bring Pitbull sy kant.

Die album verskil van sy vorige hip-hop-aanbiedings, maar sal by die massas aanklank vind. Ons is gaande oor Hey Baby (Drop It to the Floor) saam met T-Pain.

Kyk hier na 'n onderhoud wat HitFix se Melinda Newman met hom gevoer het rondom Planet Pit.