Tant Grietjie en die sanger en liedjieskrywer Pieter van der Westhuizen het kragte saamgespan vir die album Ons Kook Nie Sommer Sag Nie.

Tant Grietjie, heel waarskynlik Garies se bekendste oud-inwoner, gee die leisels meestal oor aan Pieter, haar musiekmaat van baie jare.

Hy het ’n aangename stem en is ’n ramkat met die kitaar.

Hul tradisionele rielmusiek het ’n unieke bekoring en liedjies soos die Lekker Ou Jankeurspel en Blompot van die Vlei laat die voete jeuk.

Volg Huisgenoot op Twitter.