Ons dink: 3/5

Phil Collins se eerste solo-CD sedert 2002 is ’n huldeblyk van 18 snitte aan Motown en die musiek waarmee hy grootgeword het.

Die Motown-groep The Funk Brothers het hand bygesit met dié herskeppings van party van die beste soul-musiek uit die 60’s.

Girl (Why You Wanna Make Me Blue) laat jou voete jeuk, terwyl Phil se stem dartelend klink wanneer hy Heatwave sing.