Ons dink: 4/5  

Dis moeilik om te glo hierdie legendariese liedjieskrywer word vanjaar 70.

Hy klink vars en lewendig, sy stem is puik en sy wysies net so melodieus soos altyd.

Die lirieke bied ’n ironiese blik op die Groot Vrae – lewe, dood en godsdiens – maar word begelei deur Simon se unieke brousel van folk, pop, rock en wêreldstyle.

Hoogs aanbeveel.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Hier's Paul Simon met "So Beautiful or So What" tydens sy optrede by The Music Box, Hollywood, CA op 19 April 2011.