Ons dink: 4/5

Die resensente het uiteenlopende menings oor OMD se eerste album in 14 jaar.

Hierdie sintetiesepop-groep hou by hul beproefde formule en die uiteinde is 13 meestal vinnige snitte in die styl van die 80’s. Aanhangers sal dit geniet.

Ons is veral dol oor die funky History of Modern (Part 1), New Babies: New Toys en The Future, The Past and Forever After.

Welkom terug!