Ons dink: 3/5

Hierdie nuweling het ’n gesofistikeerde, jazzerige sangstyl wat aan Norah Jones herinner – nie sleg vir ’n 17-jarige nie.

Tog is sy al so te sê ’n veteraan, want sy werk al sedert 1997 saam met ’n rits voorste kunstenaars en haar eerste album, ’n CD/DVD-konsertopname, is in 2008 uitgereik.

Sy het die Winterspele van 2010 se temalied, I Believe, gesing. Nikki is haar eerste ateljeealbum en my gunsteling-liedjie is For Another Day.