Ons dink: 3/5

Ons het nie veel alternatiewe groepe wat vir ’n bietjie pret in hul pop/rock wil sorg in die trant van die Amerikaanse groep Good Charlotte nie.

Dis dus ’n aangename verrassing dat die Gautengse groep my/epic/vice se tweede album (hul debuut was in 2006) ’n heel skaflike luister-ervaring is.

Onder ons gunstelinge tel die nommers The VIP, Always en Don’t You Love Dancing. As jy iets anders en prettig soek, is dit net die ding vir jou.

Volg Huisgenoot op Twitter.