Ons dink: 4/5

Hier tref Rocco de Villiers weer die kol. Die album More Beautiful Piano, die opvolg op Beautiful Beautiful Piano, bevat ’n ver­skei­denheid klavierweergawes van 12 bekende treffers.

Dit word uitgevoer met die deurdagte nostalgie waaraan die klaviermeester ons met die vorige album gewoond gemaak het.

Moet dit nie vlak kyk nie; dis nie hysbakmusiek dié nie. Sy interpretasie van fliektreffers soos Chariots of Fire en Afrikaanse goue oues soos Daar Is Niks Soos Ware Liefde streel die oor.

Die album bied iets vir almal, van ’n tikkie jazz tot ’n skeutjie swing. Lekker, man.