Ons dink: 4/5

Dié meisie beïndruk keer op keer en raak net ál beter. Monique se ryk, volwasse stem maak Pienk Champagne ’n

wenalbum.

Alles, van die titelsnit met sy vinniger tempo regdeur tot die heel laaste ballade, Soos die Wêreld Draai, is lekker, lekker, lekker.

Monique pluk aan die hartsnare met haar ballades.

Wyle Christa Steyn se liedjie Ek Wil vir Jou staan uit en ook die duet I Believe in You saam met Kevin Leo. Moet ook nie vergeet van Hou My Vas nie.

Dié snit bewys weer Sean Butler en Neil Schoombee is uitstekende liriekskrywers.

Die melodieë op dié album is nommerpas vir ’n stem soos Monique s’n. Sy kan kers vashou by enige internasionale kunstenaar. Mag sy nog jare lank ons ore met haar pragtige, warm stem bekoor.

Op soek na die beste prys? Klik op die mier!