Ons dink: 4/5

Hierdie donkerkop het vir die eerste keer aandag getrek in die Nickelodeon-televisiereeks Drake & Josh en later ook haar buiging in haar eie reeks, iCarly, gemaak.

Deesdae is Miranda Cosgrove ook ’n sanger en het sy pas haar debuut-album, Sparks Fly, uitgereik.

Jong meisies sal skaars kan wag om hierdie prettige album in die hande te kry.

Luister veral na Kissin U en BAM.