Ons dink: 3/5

Aanhangers van dans- en house-musiek sal dol wees oor hierdie stel van drie CD’s met 60 snitte deur plaaslike en internasionale DJ’s en kunstenaars.

Dis ’n eklektiese mengsel snitte wat die afgelope ruk in klubs aandag getrek het. Bob Sinclair, die Sweedse pop-ster Robyn en Flash Republic is van die kunstenaars wat daarop gehoor word.

Jou voete sal tik en jou heupe sal swaai.