Ons dink: 4/5

Simply Red se hoofsanger Mick Hucknall se eerste solo-album is in 2008 oorsee uitgereik en is nou in Suid-Afrika te koop.

Daarop is net leenliedjies van die blues-sanger Bobby Bland.

Mick se diep, tekstuurryke stem gee aan die effens morbiede liedjies ’n emosionele opregtheid.

Die retrokitaar en roerende stem waarmee hy I’ll Take Care of You sing, laat hierdie snit uitstaan.

Yolanda is ook fantasties.