Ons dink: 3/5

Die album van Michael Jackson wat postuum uitgereik is, bevat sy falsetto-R&B/popstem, beatboxmusiek en epiese, meesleurende liedjies, alles!

Tog ontbreek iets op die 10 snitte, wat jou laat wonder of hy die album sou gemaak het as hy nog geleef het.

Dis nie sleg nie, maar ook nie juis goed nie. Monster, Breaking News en Hollywood Tonight staan wel uit.

Net sy groot aanhangers sal hiervan hou.