Ons dink 3/5

Die popdiva Mariah Carey het haar tweede vakansiealbum net betyds vir die feestyd uitgereik.

Die versamelalbum met 13 snitte is deur die American Idol-beoordelaar Randy Jackson en Jermaine Dupri vervaardig.

Daarop is Mariah se weergawes van bekende Kersliedere en ’n hervermenging van haar treffer All I Want for Christmas Is You. Die vrolike album met ses nuwe feestelike snitte en pop-weergawes van Kersliedere soos O Holy Night sal haar aanhangers nie teleurstel nie.