Ons dink: 4/5

Hy is dalk beter bekend vir sy rol in Egoli, maar Stefan Ludik is geen nuweling op die musiektoneel nie.

Ná talle suksesvolle Afrikaanse albums keer hy terug met ’n splinternuwe Engelse rock-album, Burn This Town.

Daarop span hy met twee Namibiese groepe, Gal Level en Gazza, saam.

Luister na sy verwerking van die Queen-treffer Tear It Up en Black Girl, White Boy.