Ons dink: 4/5

Die Idols-naaswenner se debuutalbum wemel van ballades en hy gaan beslis die aandag daarmee trek.

Sy bestaande aanhangers sal dol wees hieroor, en dit sal hom ook hope nuwes besorg.

Die eerste twee enkelsnitte, Make It Easy en Thanks to You, boer reeds op die radio.

Ons hou ook van My Desire met sy reggaestyl, terwyl R&B-aanhangers dol sal wees oor Thando, ’n duet saam met Loyiso Bala.