Ons dink: 3/5

Die lof wat hy met Tha Carter III ingeoes het, het van Wayne die koning van hip-hop gemaak.

Maar sy jongste album skiet effens te kort.

Ek sou dit drie en ’n half sterre gegee het, maar ons ken nie halwe sterre toe. En dis die raad wat Wayne moet volg: Moet niks halfmaat doen nie.

Ons verwag meer van hom en sy geniale gawe om met woorde en ritme te speel. Luister nietemin na How to Love en President Carter.

Volg Huisgenoot op Twitter.