Ons dink: 4/5

Die hartedief is terug en nou peins die 77-jarige digter en sanger oor sterflikheid.

Baie van die liedjies word liewer voorgedra as gesing, en die melodieë word met die hemelse klanke van ’n vrouekoor aangevul.

In Amen klink ’n hartseer banjo op, terwyl Anyhow ligte, jazzerige, ritmiese klavierklanke het en die stemme van die vrouekoor.

Dis nog ’n wonderlike Cohen-bepeinsing oor gebroke harte.

Die idees is niks nuuts nie, soos die naam aandui, maar niemand kan universele temas soos die liefde, vergifnis, die pyn van die lewe en die geheimenisse van die dood beter aandurf nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.