Ons dink: 5/5

Haar liedjie Video Games, die eerste enkelsnit van die album, was besonder suksesvol danksy ’n treffende video wat soos ’n virus op YouTube versprei het.

Maar dis liedjies soos Diet Mountain Dew en Radio wat Lana Del Rey se status bevestig as koningin van ’n genre wat sy Hollywood-pop of sadcore noem.

Dis moeilik om ’n etiket om haar musiek te hang, maar wat dit ook al is, ons is gaande daaroor!

Haar klank is al as iets tussen Florence and the Machine en Lady Antebellum beskryf, maar Lana bied meer as net dit. Haar pragtige stem en slim lirieke behoort haar ’n Grammy-benoeming te besorg.

Volg Huisgenoot op Twitter.