Ons dink: 3/5

Al klink van die snitte op die Britse sanger se derde ateljeealbum baie eenders, het KT Tunstall ’n sterk, volwasse stem wat goed by haar punk/rockklank pas.

Sy het haar slag as liedjieskrywer gewys en die meeste nommers self geskryf. Agt van die 11 snitte is heel indrukwekkend.

Die eerste enkelsnit is Fade Like a Shadow, maar Lost is beslis ons gunsteling.