Ons dink: 3/5

Die 2002-wenner van die eerste American Idol se vyfde album vertoon haar wentalent: haar pragtige stem.

Buiten haar negende top-10-treffer, Mr Know It All, en die aansteeklike titeldeuntjie, bevat dit ’n hele spul selfbewuste, hartseer liefdesliedjies, so eie aan die sangeres en komponis.

As jy ’n Kelly-aanhanger is, sal jy dit opslurp. Die deluxe-uitgawe bevat vier ekstra snitte saam met Jason Aldean.

Volg Huisgenoot op Twitter.