Ons dink: 3/5

Met haar tweede album pas op die rakke is Katy Perry gewilder as ooit.

Tienermeisies kan nie genoeg kry van haar lekkergoed-styl nie en haar liedjies word deesdae op byna elke radiostasie gespeel.

Die liedjie California Girls saam met Snoop Dogghet oornag ’n treffer geword en met ander saamsingtreffers soos die titelsnit, Not Like the Movies en The One That Got Away is daar beslis iets vir almal.