Ons dink: 3/5

As David Guetta die danswêreld se koning van funky spanpogings is, is die Amerikaanse house-DJ Kaskade gewis die prins.

Op sy sesde album sorg hy vir die ritmes en laat die sang aan die kundiges oor.

Die beste snit is Fire in Your New Shoes (met Dragonette se Martina Sorbara), maar house-aanhangers sal ook van die dromerige Dynasty hou.