Tot hier toe en nie verder nie, is amper wat jy wil sê wanneer jy na Kaliber se debuut­album, Kaliber tot Hier, luister.

Met ’n middelmatige stem probeer hy dalk te hard soos ’n grapjassanger klink. Die album voeg niks nuuts tot die Afrikaanse musiekmark by nie en die Afrikaanse liedjies daarop is deurspek van Engelse woorde, in so ’n mate dat dit geyk en steurend raak.

Met Kersfees in Vermont en Immergroen toon Kaliber potensiaal as ’n balladesanger, maar die ander liedjies is meestal eentonig.

Volg Huisgenoot op Twitter.