Ons dink: 4/5

Hulle het vanjaar by Huisgenoot se Tempotoekenningsgeleentheid met die prys weggestap in die kategorie gewildste kontemporêre album, en dis g’n wonder nie. Want watter talentvolle duo is die twee nie!

Jouba Jordaan en Anique Jordaan is nie familie nie, maar hulle het vir seker een ding gemeen: ’n besonderse talent om fantastiese liedjies te sing en skryf. Hulle maak positiewe musiek, en dit hoor jy duidelik op Vars Uitgekerf, hul tweede album.

Nee kyk, Kaleidoskoop bied ’n vernuwende klank en hul musiek inspireer jou. Die liedjies Mieliepapseun en Verwag die Dag is absolute treffers en dan móét jy net Anique se weergawe van die gewilde Cranberries-liedjie Zombie hoor.

http://www.youtube.com/watch?v=7Z07jzHoz3g

Soek jy ‘n winskopie? Klik op die mier en kry hierdie produk teen die beste prys