Ons dink: 2/5

Ná ’n drie jaar lange stilte laat die Britse indie-rockers weer van hulle hoor.

Ongelukkig spog die album met meer bemarkingsfoefies as interessante wysies.

Die idee was dat aanhangers hul eie speellysie van 20 liedjies op die internet plaas. Jy kon selfs jou eie CD-omslag ontwerp.

Dis ’n slim idee as die musiek stewig genoeg is, maar die 13 snitte wat die paal gehaal het, is neerslagtig, stadig en onoorspronklik.