Ons dink: 5/5

. Sedert Juanita du Plessis en Theuns Jordaan se eerste DVD, Bring Jou Hart, in 2010 die lig gesien het, kon aanhangers maar net nie genoeg kry nie. Toe maak die twee sterre weer so.

Hul nuutste DVD, Hart Vol Drome, sal jou oor en oor plesier gee. Juanita besiel jou met treffers soos Wees Lig, Vlieg Hoog en Engel van my Hart, terwyl Theuns se Soos Bloed en Roeper van my Hart jou ore streel. Die kamerawerk van die opname by Carnival City is puik en met hul sjarmante verhoogpersoonlikhede kry die twee die gehoor gedurig op hul voete.

Eksklusiewe onderhoude met die sangers en ’n kykie agter die skerms is bonusmateriaal wat aanhangers unieke insigte sal gee in wat dit verg om ’n uitmuntende produksie soos dié te vervaardig.

Gaan koop hom nou.

http://www.youtube.com/watch?v=35BaxxrWVGY