Dié album is net reg vir verliefdes. Die 13 liefdesverklarings tussen dié man-en-vrou-sangpaar van George laat ’n mens opnuut in die liefde glo.

Hou verby as jy nie van soetsappige lirieke hou nie. Maar as jy en jou geliefde regmaak vir ’n romantiese aand voor die kaggelvuur, sal van die ballades vol in die kol wees.

Daar is ook energieke liedjies soos Die Een vir My en Rondomtalie Liefde vir wanneer julle wil langarm.

Jovan en Thelma ken ’n wenresep; hulle was in 2003 finaliste in kykNET se Zing-sangkompetisie. Hul album is ook ’n wenresep.

Volg Huisgenoot op Twitter.