Ons dink: 4/5

Dié keur van die Grammy-bekroonde Britse soulsanger se eerste vier albums is ’n moet.

Die CD met 13 snitte begin met haar puik weergawe van die White Stripes se 2003-liedjie Fell in Love with a Girl, maar dis nou hernoem tot Fell in Love with a Boy.

Haar sensuele stem voer jou mee met nommers soos Right to be Wrong. ’n Wonderlike album wat reg laat geskied aan haar unieke betowering.