Ons dink: 4/5

Dit is al sy vyfde ateljeealbum en die Amerikaanse sanger Josh Groban beïndruk aanhangers steeds met sy fluweelstem.

Met liedjies soos Hidden Away, Higher Window, War at Home en If I Walk Away sal aanhangers van voor af verlief raak op hom.

Soos met sy vorige albums sing Josh ook in ander tale buiten Engels, en ons kan nie genoeg kry van liedjies soos Você Existe Em Mim en L’Ora Dell’Addio nie.