Ons dink: 3/5

Ná 30 jaar in die musiekbedryf spits Johnny Clegg hom op sy nuwe album toe op sy sterk punte: Die liedjies lewer kwaai maatskaplike kommentaar waarby enigiemand kan aanklank vind en die musiek is klassieke Clegg.

Op die album, sy eerste een wat in 17 jaar in Amerika uitgereik word, snoer hy weer ’n verskeidenheid style en tale saam.

Dit sal ou én nuwe aanhangers keer op keer hul ore laat spits.

Volg Huisgenoot op Twitter.