Ons dink: 4/5

Die sanger John Legend en die hip-hopgroep The Roots het saamgewerk en dalk die beste album in sy soort vir 2010 opgelewer.

Op Wake Up! is 11 snitte met ’n maatskaplike bewussyn, met polities gemotiveerde leenliedjies van die 60’s en 70’s.

Hulle verweef moderne soul-elemente meesterlik met die musiek van toentertyd.

Spits jou ore vir Wake Up Everybody! met die rapper Common.