Ons dink: 2/5

Terwyl die ander Jonas Brothers ’n blaaskans neem, het die oudste JoBro ’n solo-album gemaak.

As jy hou van die broers se silwerskoon rock/pop, sal dit jou teleurstel. Fastlife is ’n mengelmoes van elektropop, dans, R&B en hip-hop.

Die genres meng nie lekker nie en laat jou vermoed die hele ding is haastig aanmekaargeflans. Net Just in Love saam met Lil Wayne is noemenswaardig, maar – ouers, wees gewaarsku – dit bevat kru taal.

Volg Huisgenoot op Twitter.