Ons dink: 2/5

Die eerste twee snitte op Joe Cocker se 21ste album maak jou lus om ’n baard te kweek en ’n Harley-Davidson te koop. Die res van die CD maak jou lus om die baard aan die brand te steek en met die motorfiets van ’n krans af te ry.

Die 66-jarige rocker sing sy outobiografie en word begelei deur ’n negestuk-orkes, sangers en ’n gospelkoor, maar aanhangers van klassieke Cocker-liedjies sal teleurgesteld wees.