Ons dink: 3/5

Daar is ’n gevoel van warmte en vertroosting as jy na Jill Scott se nuwe album luister.

Haar musiekstyl – jazz, hip-hop, funk en soul gemeng met digkuns en vroulike krag – is opbeurend. Van die hoogtepunte is haar gesproke stuk Womanifesto en haar liedjie saam metAnthony Hamilton, So in Love. Scott se improvisasie kom in baie van die liedjies voor en dis ’n plesier om na te luister.

Volg Huisgenoot op Twitter.#mce_temp_url#