Ons dink: 4/5

Die uitgeslape Brit wat eers vir Chris Brown enMiley Cyrus liedjies geskryf het – sy het Party in the USA neergepen – het nou haar eerste solo-album uitgereik.

Dis skitterend, ’n kombinasie van innoverende pop en R&B.

Die eerste twee enkelsnitte, Do It Like a Dude en Price Tag, word nou pal oor die radio gehoor. Dit is sover ons gunsteling-album van die jaar.