Ons dink: 3/5

In Crazy Heart, ’n fliek waarvoor hy ’n Oscar gewen het, het die akteur Jeff Bridges gewys hy kan ook sing.

Maar op sy tweede album is “teem” dalk ’n beter beskrywing. Dis ’n mengsel van Leonard Cohense neerdrukkende lirieke en Tom Waits se heserige stem.

Oor die algemeen het dit ’n stadige pas en die lirieke is by tye te bloemryk om sin te maak.

Maar dalk hou jy van stemmingsvolle Americana.

Volg Huisgenoot op Twitter.