Ons dink: 5/5

Cigarettes & Cinnamon was ’n groot treffer vir die aweregse Kapenaar Jax en die opvolg daarvan is selfs beter.

Al beskryf hy sy genre as “kragpop”, het dit sweempies van indie- en elektroniese musiek en dit sorg vir ’n versameling van 10 baie aansteeklike deuntjies.